AfriForum nie bang om hande vuil te maak nie

 

AfriForum se Marble Hall-buurtwag het Saterdag, 20 Mei 2017, die gebied rondom die verkeersdepartement se kantoor op die dorp skoongemaak. Die gemeenskap was moeg vir die vullis wat rondom en binne die terrein gelê het en het besluit om dit self skoon te maak.

“Daar waar die munisipaliteit versuim om hulle werk te doen, sal die gemeenskap inspring en dinge self doen. Die papiere en leë bottels wat die terrein vol gelê het, was ’n onooglikheid, maar as ’n gemeenskap saamwerk, kan hulle ’n daadwerklike verskil maak,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se koördineerder vir Limpopo.

Soortgelyke plasings