|

AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte hou nasionale massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein het op 15 Julie saam met die SAPD, plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie gehou om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie het om 20:00 begin en tot 04:00 die volgende oggend geduur. Altesaam 141 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 2 695 km in 115 voertuie afgelê.

In hierdie tyd is verskeie operasies suksesvol uitgevoer. Buurtwaglede het reageer op verskeie klagtes op WhatsApp-groepe en opgetree wanneer verdagte persone opgemerk is.

Die buurtwaglede het op ongelukstonele hulp verleen en ’n persoon te hulp gesnel wat ’n steekwond aan sy kop gehad het.

“Die Bloemfontein-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder. Dit is belangrik dat gemeenskappe en organisasies saam hande vat om misdaad te bekamp.  Die verhoogde sigbaarheid in die buurte speel ’n belangrike rol in gemeenskapsveiligheid en daarom is dit belangrik dat patrollies soos hierdie moet plaasvind,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

AfriForum bedank graag die stasiebevelvoerders van Parkweg-, Heidedal-, Bayswater-, Heidedal- en Bainsvlei SAPD wat betrokke was sowel as die volgende vennote wat betrokke was om hierdie patrollie ’n sukses te maak: VR Sekuriteit, VR Med Ambulansdiens, Life Rosepark Hospitaal se nooddienspersoneel, ITR Sekuriteit, Pro Force Sekuriteit, Bloemsec Sekuriteit, Securiforce Sekuriteit, Fidelity ADT Sekuriteit

AfriForum wil graag elke patrollie-lid en elke ander rolspeler wat deelgeneem het bedank vir hul bereidwilligheid om hul tyd op te offer om te help om hul gemeenskappe te beveilig.. 

Raak betrokke by jou naaste buurtwag by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings