|

AfriForum se Brits-tak reorganiseer

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Brits-tak het op 25 Januarie 2023 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer is.

Gemeenskapslede kon hul insette lewer en het tussen 17 en 22 Januarie lede nomineer wat die tak op die bestuur sal verteenwoordig. Verskeie veiligheidskwessies in die gebied is ook tydens die vergadering bespreek en die bestuur gaan aandag aan hierdie probleme gee.

Die nuwe takbestuur is: Stephan Roos (voorsitter), Johan de Klerk (ondervoorsitter), Marius Kearns (tesourier), Crista van Zyl (sekretaris), Johan de Klerk (gemeenskapsveiligheid), Dirk de Bruin (plaaslikeregeringsake), Marjonel Scheepers (omgewingsake), Jean Claud Naude (jeug), dr Natasja Fourie (gesondheid) en Isabel Kirchner (werwing en veldtogte).

Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir die sentraalstreek, het die gemeenskap bedank vir hul insette tydens die reorganisasie, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die gevoel oor die nuutverkose bestuur is baie positief en ek glo dat die tak oor die nodige leierskap beskik om na die gemeenskap se belange om te sien.”

“Die Brits-tak is ’n verskriklike sterk tak en die bestuur is ywerig om vol stoom voort te gaan om hulle buurtwag verder uit te brei en die gemeenskap te beveilig. Brits het tans 288 buurtwaglede en ry daagliks patrollies. Hulle is ook tans besig om ’n hommeltuig aan te skaf wat ’n groot bydrae gaan lewer tot die veiligheid van Brits-inwoners,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

Die takbestuur moedig die gemeenskap aan om vandag nog by dié tak betrokke te raak en deel van die oplossing te word: SMS “Brits” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings