AfriForum se buurtwagte in die noordelike voorstede van Kaapstad neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in die noordelike voorstede van Kaapstad, wat Bellville, Brackenfell en Kraaifontein insluit, het op Vrydag 19 Oktober 2018 aan ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede deelgeneem. Dié patrollie het in samewerking met die SAPD, gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s), Bassett North Security, ADT Security en ander sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies plaasgevind.
Altesaam 114 patrolleerders het bykans 2 300 km met 59 voertuie in 414 man-ure afgelê. Geen ernstige misdaadvoorvalle is aangemeld nie. Die patrollie, wat daarop gemik was om polisiëringsigbaarheid op te skerp, het omstreeks 20:00 begin en tot 6:00 die volgende oggend geduur.

“Die buurtwagte in die noordelike voorstede sal voortdurend soortgelyke projekte en gereelde patrollies in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies aanpak in ’n poging om misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid vir die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke en help om jou gemeenskap te beveilig: SMS “Veilig” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings