|

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag help met voorbrande

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag het op 22 Julie 2020 gehelp om voorbrande in die Cairn-vallei te maak om brande te voorkom. Die grond en die strukture daarop is twee jaar gelede byna tydens ’n veldbrand verwoes. Die plaaswag het ingespring om te help aangesien die eienaar van die hoewe nie oor die vermoë beskik om self voorbrande te maak nie.

Die plaaswag het hul nuut aangekoopte brandbestryder ingespan en die hoewe is vinnig skoongebrand.

“Hierdie is belangrike take wat grondeienaars moet voltooi. Die plaaswag help egter graag indien die eienaar nie in staat is om voorbrande te maak nie”, sê Devon McCullough, voorsitter van AfriForum se Nelspruit-tak..

Sluit by AfriForum se Nelspruit-tak aan en word deel van die oplossing: SMS “Nelspruit” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings