AfriForum se Edenvale-buurtwag ontvang nuwe veiligheidstoerusting


AfriForum se Edenvale-buurtwag het op 13 Oktober 2018 ses nuwe koeëlvastebaadjies ontvang nadat die plaaslike tak dié behoefte weens misdaadtoename in die omgewing geïdentifiseer het.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” sê Linda McKenzie, ondervoorsitter van AfriForum se Edenvale-tak.
“Veiligheidstoerusting is van onskatbare waarde vir enige veiligheidstruktuur. Die Edenvale-buurtwag kan hiermee daadwerklik tot die bekamping van misdaad in dié gebied bydra. Die buurtwag verwelkom ook samewerking met ander veiligheidstrukture in die dorp,” voer McKenzie aan.
“Ons moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike tak en buurtwag betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter is die verskil wat ons kan maak,” sluit McKenzie af.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings