| |

AfriForum se Groter-Moot-tak en -buurtwag gaan groot in Augustus

Die buurtspan van AfriForum se Groter Moot-tak het in Augustus 58 man-ure met kettingsae bestee en ’n kraan by die Laerskool Wonderboom-Suid se noodwaterpunt herstel. In ’n poging om die plaaslike spruit op te knap, het die buurtspan bourommel daar verwyder en bome gesnoei, veral bome wat die infrastruktuur beskadig.

“Die tak is toegewyd om ’n skoner en gesonder omgewing vir ons gemeenskap te bevorder. Ons is verheug oor die sukses wat hierdie projekte tot dusver behaal het. Ons glo dat dit ’n positiewe impak op die estetiese waarde van die Moot sal hê en dat dit die algehele welstand van ons inwoners ook positief sal beïnvloed,”  sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

AfriForum se Groter-Moot-buurtwag het in Augustus 1 282 km en 141,89 ure aan altesaam 98 patrollies afgestaan. Die buurtwag het ook gehelp met die arrestasie van twee verdagtes wat ’n onderneming beroof het. Verder het die buurtwag ook die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gehelp om gesteelde kragkabels wat gevind is na die Moot-polisiekantoor te vervoer.

“Die buurtwag is trots op hul gemeenskap, daarom wil hulle dit tot die beste van hul vermoë beveilig en ook die inwoners se veiligheid verseker. Samewerking met die SAPD motiveer die buurtwag om na hul gemeenskap om te sien,” sluit Steinberg af.

Soortgelyke plasings