AfriForum se Kuruman-buurtwag spoor gesteelde voertuig op


Die AfriForum-buurtwag in Kuruman het op 8 September in samewerking met die SAPD ’n voertuig wat tydens die Daniëlskuil-kleinhoewe-aanval gesteel is, opgespoor. Die vonds is gemaak ná die buurtwag ’n wenk ontvang het om op die uitkyk vir die gesteelde voertuig te wees omdat dit vermoedelik na Kuruman op pad was. Geen van die verdagtes wat by die motordiefstal betrokke was is egter vasgetrek nie.

“Die buurtwag gee sy volle samewerking aan die SAPD om die verdagtes op te spoor en sodoende te vervolg,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Die voertuig is intussen aan sy eienaar terugbesorg nadat die SAPD die vereiste forensiese ondersoek afgehandel het.
Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings