AfriForum se Schweizer-Reneke-buurtwag keer verkragter aan


Die AfriForum-buurtwag in Schweizer-Reneke het verlede naweek in samewerking met NK Sekuriteit ’n verkragter in die dorp vasgetrek.
Die buurtwag het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gekontak waarna die verdagte deur die polisie gearresteer is. Die verdagte se saak het op 4 September 2017 voorgekom, maar dit is uitgestel en hy is steeds in aanhouding.

“Johan Fouche van Fastac Sekuriteit bied tans ook vir die buurtwag opleiding aan in burgerlike beskerming sodat hulle weet wat om in situasies soos hierdie te doen. Die buurtwaglede moet deeglik opgelei word sodat hulle weet hoe om in noodsituasies op te tree,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Boere in die Schweizer-Reneke-gebied het verlede week ook ’n massapatrollie gedoen waartydens verskeie plase gepatrolleer is. “Sigbaarheid is baie belangrik, veral omdat daar nou baie gevalle van veediefstal in die omgewing is,” sluit Pretorius af.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Veilig” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings