AfriForum se Lichtenburg-tak maak mangate skoon


Die burgerregte-organisasie AfriForum se tak in Lichtenburg het oor die naweek sommige van dié dorp se mangate skoongemaak omdat die toestand daarvan weens swak dienslewering deur die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit onaanvaarbaar was.

“Lichtenburg-inwoners betaal vir dienste wat hulle egter nie ontvang nie. Om aanhoudend met die munisipaliteit te argumenteer, lewer geen resultate nie en daarom voel AfriForum sterk oor selfdoenaksies,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.

Mangate is skoongemaak by:
• die vierrigtingkruising op die hoek van Agtstelaan en Eerstestraat;
• die tweerigtingstop op die hoek van Agtstelaan en Tweedestraat;
• die vierrigtingkruising op die hoek van Agtstelaan en Derdestraat;
• die kruising van Kerk- en Mathewstraat; en
• die sirkel by Kerk- en Breëstraat.

“AfriForum se Lichtenburg-tak wil tot ’n beter, skoner en veiliger gemeenskap bydra en ons vra dat inwoners by ons plaaslike tak betrokke moet raak,” sê Nico Bezuidenhout, ondervoorsitter van AfriForum se Lichtenburg-tak.

Soortgelyke plasings