AfriForum se Marico-distrik neem deel aan nasionale patrollie

 

Die Rustenburg-, Coligny-, Koster- (Millvale-) en Mooinooi-buurtwag het op 8 en 9 Maart in samewerking met die SAPD en sekuriteitsmaatskappy aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem.

Die patrollie het van 16:00 tot 06:00 geduur en 474 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem. Altesaam 7 681 km is deur 266 voertuie in 748 manure afgelê. Geen ernstige gevalle is tydens die patrollie aangemeld nie.

“Hierdie patrollie bewys weer eens op die krag wat in die gemeenskap se hande lê. Daar is te veel probleme wat die polisie in Suid-Afrika moet oplos, maar as die gemeenskap saamwerk, kan misdaad bekamp word,” sê Sampie Steinberg, assistentkoördineerder vir die Marico-distrik.

Soortgelyke plasings