AfriForum se Worcester-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se Worcester-buurtwag het Velddrif en omliggende areas op 8 en 9 Maart 2019 veilig gehou as deel van die nasionale patrollie wat AfriForum geloods het. Dié patrollie is in samewerking met die privaat sekuriteitsmaatskappye AC Security, Capital Security, LTS Security en ambulansdienste soos ER24-, Priority Care- en die Metro-ambulansdiens aangepak.

Bykans 60 patrolleerders in 28 voertuie het altesaam ongeveer 1 759 km in 228 manure afgelê.

“Ons bedank elke patrollielid, alle rolspelers en elke ander persoon wat hul tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak en misdaad in die area te bekamp,” sê Hannes Dippenaar, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Worcester-tak.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om by veiligheidstrukture soos plaaslike buurtwagte in hul areas betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke raak, hoe beter kan ons misdaad bekamp en veiliger in ons dorpe leef,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak by AfriForum se buurtwagte betrokke en help om jóú gemeenskap te beveilig: SMS “Veilig” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings