AfriForum se Matzikama-streek neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se Lutzville-buurtwag en die Koekenaap-, Trawal-, Lutzville-, Vredendal- en Nuwerus-plaaswagte het op Vrydag, 19 Oktober 2018 aan ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede deelgeneem. Dié patrollie is in samewerking met SAPD en verkeersafdelings gehou en die spanne het ook verskeie padblokkades opgestel.

Altesaam 115 patrolleerders het bykans 2 400 km met 74 voertuie in 274 man-ure afgelê, en geen ernstige misdaadvoorvalle is aangemeld nie. Die patrollie, wat polisiëringsigbaarheid opgeskerp het, het omstreeks 16:00 begin en tot 6:00 die volgende oggend geduur.

“Die Matzikama-streek se buurt- en plaaswagte sal voortdurend soortgelyke projekte en gereelde patrollies in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies aanpak om misdaad hok te slaan en veiligheid in hul gemeenskappe te bevorder,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke en help om jou gemeenskap te beveilig: SMS “Veilig” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings