AfriForum se Nylstroom-buurtwag spoor gesteelde voertuig op


Die AfriForum-buurtwag in Nylstroom het ’n gesteelde voertuig op 21 November 2018 in samewerking met die SAPD opgespoor. Dít volg nadat die buurtwagvoorsitter dié voertuig twee dae lank op dieselfde plek opgemerk het.

“Die voertuig het verdag gelyk en ná die tweede dag het ek besluit om die polisie te betrek. Ek het die voertuig se nommerplaat en VIN-nommer aan die SAPD verskaf, waarna hulle my in kennis gestel het dat die voertuig die vorige dag as gesteel aangemeld is,” sê Riaan Holtzhausen, voorsitter van AfriForum se Nylstroom-buurtwag.

Die SAPD het die voertuig gekonfiskeer en bevind dat dit van sy battery, asook ander bruikbare onderdele gestroop is. Holtzhausen bedank graag die SAPD vir hulle goeie ondersoekwerk binne die gemeenskap en die vinnige optrede en terugvoer rondom hierdie saak.
Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Veiligheid” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings