AfriForum stig Kleinrivier-plaaswag


Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs die Kleinrivier-plaaswag in die Matzikama-streek gestig. Dit bring die getal AfriForum-veiligheidstrukture in dié streek op sewe te staan.

“Die plaaswag vorm deel van ons takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Ander AfriForum-veiligheidstrukture in die Matzikama-streek sluit die volgende in: Vredendal-plaaswag, Koekenaap-plaaswag, Lutzville-plaaswag, Trawal-plaaswag, Nuwerus-plaaswag en Lutzville-buurtwag.

“Ek is baie opgewonde oor die stigting van ons plaaswag en nooi die gemeenskap uit om by ons in te skakel. Ons kan nie langer die geveg teen misdaad op die skouers van ons polisie alleen laat rus nie, ons moet self betrokke raak,” sê Wilco Engelbrecht, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Matzikama-tak.

 
Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Plaaswag” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings