AfriForum se Nylstroom-buurtwag staan die gemeenskap by


AfriForum se nuutgestigte Nylstroom-buurtwag het op 22 Februarie ’n massa-patrollie gehou om sigbaarheid in die dorp te verhoog.
Die buurtwag het ook vanjaar by ’n aantal ongelukstonele bystand verleen, onder meer op Dinsdag (20 Februarie) by ’n ongelukstoneel waar ʼn trok wat varke vervoer het langs die hoofpad aan die brand geslaan het. AfriForum-buurtwaglede het die verkeer gereguleer en die brand probeer blus in ’n poging om die diere uit die brandende waens te kry. Die buurtwag het ook hulp verleen aan mense wat op Donderdagaand (22 Februarie) in ’n ongeluk betrokke was.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, is dit belangrik om aktief en sigbaar in die gemeenskap te wees om kriminele elemente uit die gebied te dryf. “Ons het al telkemale gesien dat kriminele elemente heeltemal verdryf word uit gebiede waar die gemeenskap saamwerk om kriminele aktiwiteite te bekamp en sigbaar is. Ons is verantwoordelik vir ons eie veiligheid en kan dit bereik deur op ’n gemeenskaplike doel toe fokus.”
Riaan Holtzhausen, AfriForum se Nylstroom-buurtwagvoorsitter, sê dat gemeenskapsbetrokkenheid ’n groot rol in Nylstroom speel en dat mense aan die bestaande strukture moet deelneem om só ’n daadwerklike verskil te maak. “Ons moedig die inwoners van Nylstroom en omliggende gebiede aan om betrokke te raak en ons te help om veiligheid in die gemeenskap te bevorder.”

Raak betrokke en sluit by die buurtwag aan deur die woord “veiligheid” na 45340 (R1) te SMS, of Marie Scheepers by 071 292 0093 te skakel.

Soortgelyke plasings