AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Delareyville-tak maak N14 skoon


AfriForum se Delareyville-tak het onlangs die area langs die N14 oorkant die township skoongemaak waar vullis onwettig gestort word. Die besoedeling, wat heelwat weggooibare babadoeke insluit, het ’n gesondheidsrisiko vir inwoners geword.

“Dit is verblydend om te sien dat gemeenskapslede self verantwoordelikheid vir kwessies soos hierdie in hul dorp neem. Dit bly egter steeds die plaaslike munisipaliteit se verantwoordelikheid om hul grondwetlike verpligtinge na te kom, en daarom sal AfriForum aanhou om druk op die munisipaliteit te plaas wat dié saak betref,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om by dié inisiatief betrokke te raak deur self vullis in hul omgewing op te ruim en nie rommel te strooi nie.
Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
SMS “Delareyville” na 45350 (R1) om by jou AfriForum-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings