AfriForum se Rondeberg-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se Rondeberg-buurtwag, wat deel vorm van dié burgerregte-organisasie se Malmesbury-tak, het op 17 en 18 Mei 2019 hul omgewing veilig gehou as deel van AfriForum se nasionale patrollie.

Altesaam nege patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ongeveer 116 km is in die Rondeberg-gebied afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Om gereeld patrollies in gemeenskappe te hou is ’n doeltreffende wyse om misdaad te bekamp én dit skep ’n veiliger omgewing,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings