AfriForum se Phalaborwa-tak maak dorp skoon


Die AfriForum-tak in Phalaborwa het op Vrydag, 5 Mei 2017 in samewerking met die Hervormde Kerk, karwagte, vrywilligers en die plaaslike munisipaliteit ’n skoonmaakaksie van stapel gestuur wat begin het by die Woolworths in Nelson Mandelarylaan en by die MTN-winkel in dieselfde straat geëindig het.

“Ons het sypaadjies en geute wat vol modder en rommel was, skoongemaak, en ook palms in potte en tuine geplant,” sê Willie Rossouw, voorsitter van die omgewingsakeportefeulje by AfriForum se Phalaborwa-tak.
“AfriForum voel sterk oor selfdoenaksies wat die hele gemeenskap ophef,” sê Saartjie Matthysen, voorsitter van die AfriForum-tak in Phalaborwa.

AfriForum en gemeenskapslede het hierdie gebied gekies omdat baie toeriste daardeur ry op pad na die Kruger-wildtuin.

“Hoewel dit net die begin van ’n massiewe skoonmaakprojek is, werp dit reeds vrugte af,” sluit Rossouw af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur jou naam te SMS na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings