|

AfriForum se Pretoria-Wes-tak maak plaaslike sakesentrum skoon

Die AfriForum-tak in Pretoria-Wes het op 24 Junie saam met die gemeenskap en ander organisasies ’n skoonmaak-aksie in Danville aangepak. Sowat 30 vrywilligers het die area rondom ’n plaaslike sakesentrum skoongemaak en altesaam drie stortbakke vol vullis verwyder.

Die Pretoria-Wes-tak het hierdie aksie in samewerking met Tidy Towns en Action SA voltooi. “Wanneer gemeenskappe en organisasies saam werk om projekte soos hierdie aan te pak gee dit mens hoop dat gemeenskappe wel sterk kan staan ten spyte van die regering se mislukkings. Aksies wat ’n gemeenskapsfokus het, is die sleutel tot ’n beter toekoms,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“Ons nooi die gemeenskap van Pretoria-Wes uit om aan te sluit by hierdie tak en saam te help bou aan ’n beter toekoms,” sluit Ungerer af.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n epos te stuur aan voorsitter.pretoria-wes@afriforumtak.co.za

Soortgelyke plasings