AfriForum se Richardsbaai-tak bied opleiding in regsaspekte aan

AfriForum se Richardsbaai-tak het op Vrydag 22 November 2019 opleiding in regsaspekte aangebied vir lede wat by plaaslike gemeenskapsveiligheid betrokke is. Dit vorm deel van AfriForum se program om gemeenskappe te bemagtig om tydens veiligheidsaksies binne die raamwerk van die wet op te tree.

“Deur ons aktiewe veiligheidslede met regsinligting en funksionele parameters toe te rus, verseker ons professionaliteit. Dié aksie beskerm ons gemeenskapsveiligheidsleiers en -lede slegs as dit nagekom word,” sê Ian Rapson, voorsitter van AfriForum se Richardsbaai-tak.

 

“AfriForum dien KwaZulu-Natal op verskeie vlakke, onder meer ook by die SAPD se maandelikse provinsiale landelike komitee, waar goeie samewerking in dié provinsie bewerkstellig word,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum beplan verdere opleiding vir die Richardsbaai-tak en moedig die gemeenskap aan om by dié tak betrokke te raak. SMS “Richardsbaai” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings