AfriForum se Secunda-tak maak verstopte rioolpype skoon


AfriForum se Secunda-tak het op 30 Julie 2018, in samewerking met DDJ Handyman 365, begin met die burgerregte-organisasie se projek om rioollyne in dié dorp wat verstop is en in stormwaterpype oorspoel, skoon te maak.
Die volgende dreine is skoongemaak:

  • Die munisipale drein oorkant McDonald’s.
  • Die munisipale drein voor Secunda Medforum.
  • Die munisipale drein by die Villa Wisteria-kompleks.
  • Die munisipale drein in Voortrekkerstraat.
  • Die munisipale drein in Driefonteinstraat.
  • Drie munisipale dreine in Angovestraat.

“Rioolwater wat in die stormwaterpype inspoel, dra ook tot die besoedeling van die Vaalrivier by. Die reuk is ondraaglik en dit hou ’n gesondheidsgevaar vir almal in die omgewing in,” sê John Norris, eienaar van DDJ Handyman.

Volgens Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, is dit verblydend om te sien dat gemeenskappe verantwoordelikheid vir die toestand van hul omgewing neem.

Soortgelyke plasings