AfriForum se Springs-buurtwag beveilig skool se revuevertonings


Die AfriForum-buurtwag in Springs het die afgelope langnaweek in samewerking met die SAPD en die Casseldale GPF die veiligheid behartig by twee afsonderlike revuevertonings wat by die Laerskool Selectionpark gehou is.
Volgens Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak, was die skool bekommerd oor die veiligheid van die kinders, asook die toeskouers se voertuie gedurende die vertonings. Die SAPD, die GPF en die buurtwag het die area in en om die skool te voet gepatrolleer om sigbaarheid gedurende die vertonings te verhoog. Geen ernstige insidente is aangemeld nie.

“Die handhawing van sigbaarheid skrik potensiële misdadigers af en is dus ’n proaktiewe metode om misdaad te bekamp. Die gemeenskap het ’n rol om te speel deur die SAPD in die bekamping van misdaad by te staan,” sê Morné Greyling, voorsitter van AfriForum se Springs-buurtwag.

Jy kan help om jou omgewing te beveilig en ’n verskil in jou gemeenskap te maak. Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke deur “Buurtwag” na 45342 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings