AfriForum se Standerton-tak oorhandig wenslys aan Lekwa Plaaslike Munisipaliteit


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Standerton-tak het op 28 Februarie 2017 ’n wenslys aan die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.
Dít volg nadat die tak verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer het wat tot op hede nog nie deur die munisipaliteit in sy geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) aangespreek is nie.

“Die plaaslike tak probeer al vir die afgelope twee maande om ’n vergadering met die munisipale bestuurder te reël, maar sonder enige sukses,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Dit is die munisipaliteit se grondwetlike plig om na die gemeenskap se belange om te sien en dienste te lewer. AfriForum sal voortdurende druk toepas om seker te maak dat hierdie pligte nie verder versuim word nie,” voeg Coetzer by.
“Dit vererger die situasie aansienlik dat diensleweringskwessies eers in ’n dilemma moet ontaard voordat dit aangespreek word. AfriForum sal die munisipaliteit se vordering hiermee streng dophou en selfdoenprojekte loods waar nodig wanneer Lekwa versuim om sy pligte na te kom,” sê Leon Enslin, voorsitter van die AfriForum-tak in Standerton.

Soortgelyke plasings