AfriForum se Tzaneen-buurtwag ontvang patrollie-opleiding


Lede van AfriForum se Tzaneen-buurtwag het op 8 Julie 2017 patrollie-opleiding ontvang. Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, is professionele opleiding noodsaaklik vir elke veiligheidstruktuur. “AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die reg optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid.”

“Die AfriForum-buurtwag is hier om ’n daadwerklike verskil te maak en te help om misdaad te bekamp. Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en nooi alle veiligheidstrukture om saam met die buurtwag te werk,” sê Pieter Venter, voorsitter van AfriForum se Tzaneen-tak.
“Hoe meer mense betrokke raak, hoe groter die impak en verskil wat ons in Tzaneen kan maak,” voeg Venter by.

SMS “Buurtwag” na 45340 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings