|

AfriForum se Upington-tak skenk handreiniger aan skole

Die AfriForum-tak in Upington het op 25 Oktober 2021 handreiniger aan vier skole in die dorp geskenk nadat een van die skole die tak genader het aangesien die departement nie genoegsame handreiniger aan skole in die Noord-Kaap verskaf het nie. Laerskool Oranje-Noord, Hoërskool Duineveld, Laerskool Westerkim en Hoërskool Upington het elk 25 liter handreiniger ontvang.

“Dit is vir ons ’n voorreg om skole te help en om toe te sien dat die personeel en leerders genoeg handreiniger het. Die kinders is ons land se toekoms en daarom is dit vir die tak belangrik om ook op hierdie manier ’n bydrae te maak,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Sluit vandag nog by AfriForum aan. Jy kan help om ’n verskil in jóύ gemeenskap te maak: SMS “Upington” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings