|

AfriForum se Piet Retief-tak vul slaggate

AfriForum se Piet Retief-tak vul slaggate

Die AfriForum-tak in Piet Retief het in samewerking met lede van die gemeenskap op 15 Januarie 2022 verskeie slaggate in die dorp opgevul. Slaggate is in Engelbrechtstraat gevul waar die straat kruis met Klip-, Van Dyk-, Von Willigh- en Olivierstraat, asook op die hoek van Von Brandis- en Van Dykstraat.

Die lede het besluit om self in te spring om die pad te herstel omdat die Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit sy plig versuim om die strate te herstel wat by die dag versleg.

’n Groot aantal donasies is vanaf die publiek ontvang om die hertel van die strate moontlik te maak. Hierdie donasies sluit in teer, sement, grond en klipmengsels, asook verversings wat die lede kon geniet tydens die aksie.

“Ons is moeg om te wag vir ’n munisipaliteit wat nie hulle werk doen nie. Daarom spring ons in en doen dit self,” sê Gerhard Böhmer, lid van AfriForum se Piet Retief-tak.

Nog ’n herstelprojek word beplan vir 29 Januarie 2022 en inwoners word gevra om vir Louis Malan by 064 654 0962 of Böhmer by 083 727 4766 te skakel vir meer inligting.

Soortgelyke plasings