AfriForum pak Netflix oor diskriminerende nagraadse beursprogram

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n petisie van stapel gestuur en ’n skrywe aan die Netflix Black Creatives Empowerment Fund gerig. Dit volg ná die aanlyn stroomvermaaklikheidsdiens Netflix ’n beurs bekendgemaak het vir nagraadse studente in 2022 wat kwalifikasies in die flim- en TV-genres nastreef. Een van die kwalifiseringsvoorwaardes is dat die aansoeker swart moet wees soos gedefinieer in die BBSEB-gedragskode. 

“Blatante diskriminasie van hierdie aard is onaanvaarbaar. Met hierdie beurs sal ’n ambisieuse wit student wat wil aansoek doen, onmiddellik afgekeur word op grond van die kleur van hul vel, ongeag hul finansiële agtergrond. Om te demonstreer hoe wreed diskriminerend hierdie beurs is: Die kriteria sal dit moontlik maak vir ’n swart kind van ’n ryk politikus of miljardêr om bevoordeel te word bó ’n wit kind uit ’n arm huishouding,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Hierdie tipe blatante, skaamtelose diskriminasie het geen plek in die samelewing nie en AfriForum wil daarom hê dat jy jou stem moet dik maak. Teken die petisie hier: https://afriforum.co.za/netflix-is-my-intekengelde-te-wit/

Soortgelyke plasings