|

AfriForum se Weskus-tak help veiligheidsnetwerk uitbrei

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Weskus-tak in Langebaan het op 22 Julie 2022 ’n aantal pale geskenk vir die oprigting van veiligheidskameras in die Longacres-landgoed. Die tak het ook gehelp om die pale op te rig.

“Die nuwe veiligheidskameras word geïnstalleer in ’n poging om misdaad in die omgewing te bekamp. Misdaad neem toe aan die Weskus, so die hoop is dat die kameras misdadigers sal afskrik. Dit kan ook help om diegene wat ’n misdaad pleeg te identifiseer, wat dan moontlik tot ’n arrestasie kan lei,” sê Johan Crous, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

“Die bekamping van misdaad is een van die Weskus-tak se oorhoofse fokuspunte. Op nasionale vlak is AfriForum ook druk besig om aandag te gee aan probleme wat ekonomiese agteruitgang tot gevolg het deur middel van groter outonomie en polisiëring. AfriForum voel sterk daaroor om met die plaaslike gemeenskap en rolspelers saam te werk om misdaad hok te slaan.”

Die tak moedig die gemeenskap aan om by hul naaste AfriForum-tak betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak: SMS “Weskus” na 45350 (R1) om vandag nog aan te sluit.

Soortgelyke plasings