|

AfriForum se Winburg-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Winburg het op 9 Junie 2022 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer het, nuwe bestuurslede ook verkies is deur die gemeenskapslede en waar hulle kon insette lewer oor nominasies van bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die volgende mense is tot die bestuur verkies: Johnny Haupt (voorsitter), Rudie O’Neal   (ondervoorsitter), Henning Taljaard (tesourier), Janri Du toit (sekretaris), Ian Brits  (buurtwagleier), Christo Prinsloo, Rassie Erasmus en Rudie O’Neal (gemeenskapsveiligheid),  Jacques Meyer (brandbestryding), Juanita Du Toit (plaaslikeregering- en omgewingsake), Neels du Preez (media).

Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Vrystaat (Hoogland), bedank die Winburg gemeenskap vir hulle insette tydens die reorganisasie, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om ’n positiewe impak te maak en ook om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. Winburg is ’n erfenisryke dorp en as die gemeenskap saamstaan om ’n beter omgewing en toekoms vir almal te skep, kan daar berge versit word.”

Die bestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Winburg” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings