|

AfriForum se Worcester-tak bring warmte tydens koue wintermaande

AfriForum se Worcester-tak het in Junie in samewerking met die gemeenskap en Worcester United Church na die behoeftiges en haweloses uitgereik om die koue dae ’n bietjie warmer te maak. ’n Aantal vrywilligers het hul tyd afgestaan om mussies en serpe te brei met wol wat hierdie AfriForum-tak voorsien het.

As deel van die More Than Homelessness-uitreik, het AfriForum 44 mussies uitgedeel terwyl die kerk die sop en broodjies aan die haweloses voorsien het. ’n Verdere 28 mussies en serpe is gebrei wat op ’n latere stadium ook aan behoeftiges geskenk gaan word.

Hierdie gemeenskapsprojek is ’n goeie voorbeeld van die positiewe verandering wat samewerking tussen individue en organisasies in mense se lewens teweeg kan bring.

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum se Worcester-tak en -buurtwag betrokke te raak. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings