|

AfriForum skenk bome aan Secunda-skole

AfriForum se Trichardt, Evander, Kinross en Secunda (Teks)-tak het in September as deel van die organisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek 30 bome aan 12 plaaslike skole.

Bome is geskenk aan: Laerskool Goedehoop, Laerskool Kruinpark, Laerskool Secunda, Highveld Ridge Primary School, Laerskool Trichardt, Laerskool Hoëveld, Laerskool TP Stratten, Hoërskool Secunda, Hoërskool Oosterland, Hoërskool Evander, Highveld Park High School en die Marietjie Skool.

“Boomplantmaand bied die perfekte geleentheid om ’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak. Dit is simbolies daarvan dat ons hier is om te bly en hoop vir die toekoms het,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings