|

AfriForum stel handleiding bekend om boere te help om eiendom te beskerm

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n assesseringsdokument bekendgestel wat boere as ’n handleiding kan gebruik om te verseker dat hulle die nodige veiligheidsmaatreëls in plek het om plaasaanvalle te help voorkom. Hierdie dokument sal boere ook leiding gee oor hoe om doeltreffend ná ’n aanval op te tree.

Dié dokument dien as ’n afmerklys wat gebruik kan word om seker te maak dat elemente soos gebeurlikheidsplanne, kommunikasienetwerke en toegangs- en ontsnaproetes deel is van boere se veiligheidsbeplanning.

“Boere het geen ander keuse as om hulself goed te beveilig deur gebeurlikheidsplanne in te oefen en ander veiligheidsvoorsorgmaatreëls te tref nie. Hierdie dokument dien as ’n baie handige riglyn, wat boere kan gebruik om hul veiligheidsbeplanning te assesseer en te verseker die nodige maatreëls is in plek,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

Die assesseringsdokument is gratis beskikbaar by https://stopdiemoorde.co.za/beveilig-n-plaas/.

Soortgelyke plasings