AfriForum stig Kraaifontein-tak


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op Maandag, 22 Oktober 2018 ’n nuwe tak in Kraaifontein gestig.

Die bestuurslede is Christo la Grange (voorsitter), Danie Bredenhann (ondervoorsitter)  Aletta du Toit (sekretaris), Letitia Groenewald (tesourier), André Theron (gemeenskapsveiligheid), Chantal van der Merwe (omgewingsake), Charles Lambert (plaaslikeregeringsake) en Nicolene de Witt (jeug).

“Ons is baie opgewonde oor hierdie dinamiese tak en glo hulle sal in die toekoms baie vermag,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak by AfriForum se Kraaifontein-tak betrokke: SMS “Kraaifontein” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings