|

AFRIFORUM STIG ’N BUURTWAG IN LANGEBAAN

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Augustus 2021 ’n buurtwag in Langebaan gestig. Dié buurtwag heet AfriForum se Weskus-buurtwag en vorm deel van AfriForum se Langebaan-tak wat in Maart vanjaar gestig is.

Die buurtwag sal aanvanklik Longacres Country Estate en Langebaan bedien en later na ander dorpe in die Weskus Skiereiland uitbrei. Die bestuur van die buurtwag bestaan uit Gerard Brune (buurtwagleier), Etienne Kilian (operasiekoördineerder) en Sidney Monk (steunkoördineerder).

“Noudat die buurtwag gestig is gaan buurtwaglede deurlopend opleiding ontvang en sal ook ander beskerming en voordele geniet,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland en Weskus.

Die plaaslike tak sal ook binne hulle vermoëns die buurtwag van die nodige uitrusting voorsien.

“Ons is opgewonde oor die toekoms van die buurtwag en wil graag saam met alle ander veiligheidsrolspelers ’n positiewe verskil in ons gemeenskap maak. Ons dra almal se veiligheid op die hart en ag samewerking belangrik,” sê Brune.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Langebaan-tak: SMS “Langebaan” na 45350 (R1) en maak op dié manier ’n positiewe bydrae.

Soortgelyke plasings