|

AfriForum-tak in Stilfontein reorganiseer

AfriForum se Stilfontein-tak het op 24 November 2021 ’n nuwe bestuur aangewys nadat Pieter du Preez, die vorige voorsitter, in die pas afgelope verkiesing as raadslid verkies is. Die vorige tesourier, Jackie Maritz, het ook bedank.

Die nuwe bestuurslede is Jonathan Fourie (voorsitter), Marius Trollip (ondervoorsitter en buurtwagleier in Stilfontein), Joanita Labuschagne (sekretaris en buurtwagleier in Orkney) en Marli du Preez (tesourier).

“Ek is oortuig daarvan dat hierdie ’n baie bekwame span is wat die Stilfontein-tak en sy buurtwagte na groot hoogtes sal lei. Baie sterkte aan elkeen van hulle en ek vra dat die lede hierdie bestuur sal ondersteun en sal deelneem aan al hulle aktiwiteite,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak. SMS “Stilfontein” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings