|

AfriForum se Kroonstad-tak plant bome by Huis Edelkroon

Die AfriForum-tak in Kroonstad het op Erfenisdag bome geplant by Huis Edelkroon as deel van die organisasie se nasionale boomplantmaand.

Die Kroonstad-tak het onder meer vaderlandswilge en olienhoutbome geplant wat goed aard in dié streek. Hierdie bome is ook ’n goeie keuse aangesien die wortelstelsels kleiner is en minder geneig is om skade aan plaveisel en ander strukture aan te rig.

Volgens Gabrie Grobbelaar, voorsitter van AfriForum se Kroonstad-tak, is dit ’n groot voorreg om iets terug te gee aan die senior burgers van die gemeenskap, die tak wil ook die ouetehuis ondersteun met hul vrugteboord en groentetuin om hulle sodoende te help om selfonderhoudend te wees.

“Ons wil graag met hierdie boomplantprojek die omgewing vir die toekoms bewaar en sal ook voortgaan om boomplantaksies in Kroonstad te hou,” sê Grobbelaar verder.

“Dit was ’n fees en ’n groot voorreg om saam met die inwoners van Huis Edelkroon te braai en kosbare tyd te kon spandeer na afloop van die boomplantaksie,” sê Chris Morgan, distrikskoördineerder vir die Hoogland. “Ek wil graag die gemeenskap aanmoedig om by AfriForum se Kroonstad-tak betrokke te raak om saam te help bou aan ’n beter toekoms.” 

Raak vandag nog by AfriForum se Kroonstad-tak betrokke: SMS “Kroonstad” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings