AfriForum verkies nuwe takbestuur in Germiston


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 8 Februarie 2018 ’n nuwe bestuur vir die Germiston-tak verkies. Dít volg nadat AfriForum vanaf 2017 verskeie inligtingsessies vir die gemeenskap aangebied het oor die rol wat sy takke speel om gemeenskappe te verbeter.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Piet de Wit (voorsitter), David Deysel (ondervoorsitter), Harry Fourie (tesourier), Fransie Vosloo (sekretaris), Dawid Smit (omgewingsake), André van Niekerk (plaaslikeregeringsake) en Chris Smith (veiligheidsvoorsitter).

“Ons is trots om deel te wees van AfriForum en is slaggereed om die probleme in ons gemeenskap aan te spreek,” sê Piet de Wit.
“ʼn Sterk bestuur is verkies en staan gereed om verskeie probleme aan te pak. Die gemeenskap is reeds ywerig om deel te raak en ’n verkil te maak. AfriForum sien daarna uit om onder meer swak dienslewering, veiligheidskwessies en omgewingsprobleme in dié dorp aan te spreek,” sê Marie Naude, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Suid.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap van Germiston om deel te raak van die plaaslike tak.
Met jou hulp kan AfriForum se Germiston-tak ’n daadwerklike verskil in jou dorp maak. Om aan te sluit, SMS “Germiston” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings