Alberton-buurtwag: Patrolleerders raak selfverdedigingstegnieke baas


AfriForum se Alberton-buurtwag het verlede week selfverdedigingsklasse vir nagenoeg 30 patrolleerders aangebied.

“Alle Suid-Afrikaners moet oor die vermoë beskik om hulself te verdedig. ’n Mens kan op enige oomblik in ’n gevaarlike situasie beland en daarom is dit vir AfriForum belangrik dat mense dié vaardigheid aanleer,” sê Hillel Coetzer, woordvoerder vir AfriForum.

Volgens Louis van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Alberton-tak, is hierdie die eerste fase in ’n reeks opleidingsessies wat in samewerking met verskeie rolspelers beplan word.
Selfverdedigingsklasse vorm deel van die opleiding wat AfriForum se buurtwaglede beskikbaar stel met die doel om inwoners te bemagtig om hulself beter in tye van nood te beskerm,” sluit Van Aswegen af.

Soortgelyke plasings