AfriForum se Witbank- en Middelburg-buurtwag ontvang opleiding


AfriForum se Witbank- en Middelburg-buurtwag het gedurende die afgelope week opleiding, onderskeidelik in patrolliery en insidentbeheer, ontvang.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Opleiding is belangrik vir enige veiligheidstruktuur. Dit is albei takke se missie om altyd binne die raamwerk van die reg op te tree, want ons is hier om ’n verskil in ons gemeenskap te maak,” sê Rassie van der Lith, voorsitter van AfriForum se Witbank-buurtwag.
“Ons moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike tak en die buurtwag betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke raak, hoe groter die verskil wat ons in ons gemeenskappe kan maak,” sê Chris Olivier, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak en buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings