Secunda-tak help met die herstel van ’n lekkende waterpyp

 

AfriForum se Secunda-tak het onlangs ’n lekkende waterpyp help herstel.
Dít volg ná die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit sonder rede herstelwerk gestaak het nadat hulle reeds begin het om die grond oop te grawe.
Volgens Joey Venter, sekretaresse van AfriForum se Secunda-tak, het hulle herhaaldelik probeer om met die munisipaliteit te skakel om die probleem op te los.
Johan “Pottie” Potgieter, lid van die plaaslike AfriForum-tak, het in samewerking met lede van die plaaslike DA-wyk ondersoek ingestel, waarna hy ’n TLB gereël het om verder te grawe. Potgieter het munisipale werkers ook na en van die perseel vervoer en hulle met die herstel van die pyp gehelp. Die pyp is tans weer in ’n werkende toestand.

“Dit is die munisipaliteit se plig om probleme soos dié op te los. Daar waar munisipaliteite egter hul plig versuim, sal AfriForum deur middel van selfdoeninisiatiewe ingryp,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Soortgelyke plasings