|

Beheerliggaamverkiesings – 2024

In Maart 2024 sal die beheerliggaamverkiesings andermaal plaasvind. ’n Skool sonder ’n sterk, waardegedrewe beheerliggaam staar reuse-uitdagings in die gesig. Dit is dus noodsaaklik om nou reeds kandidate te identifiseer wat vir verkiesing beskikbaar sal wees. Verder moet ouers herinner word dat hulle by hulle kinders se skole moet gaan stem in Maart.

Dikwels het AfriForum te make met klagtes van ouers oor dissiplinekwessies, plasings, of besluite oor die bestuur van skole en wanneer ons vra of daar met die beheerliggaam geskakel is, weet die ouers nie eens wie dit is nie. Maak seker die beheerliggaam is werklik mense wat die kinders, personeel en skool se belange op die hart gaan dra, wat die waardes van die gemeenskap deel en gehalte gaan toevoeg tot die bestuur van die skool.

Beheerliggame se bestaan verseker die belangrikste wyse waarop gemeenskappe en skole kan saamwerk en die kans om daaraan te verander, kom net een keer in drie jaar.

Soortgelyke plasings