|

Bly op hoogte van wat AfriForum doen deur gratis toep af te laai

Ondersteuners van AfriForum kan van Maandag af 24/7 op hoogte bly met wat die burgerregte-organisasie doen wanneer ’n splinternuwe, gratis toep (App) beskikbaar is om af te laai.

Die toep is by App Store of PlayStore beskikbaar.

Dis maklik en vinnig om in te teken en die AfriForum-wêreld sal in ’n oogwink voor gebruikers oopgaan.

Van die inligting waartoe intekenare toegang sal hê, is AfriForum se mediaverklarings wat daagliks uitgereik word en die publiek op hoogte hou van aksies, selfdoenprojekte, veldtogte, regstappe en ander optrede wat geneem word om ’n beter toekoms te skep.

Daar is ook die organisasie se aanlyn nuusdiens, Forum Nuus, waar berigte en artikels oor aktuele onderwerpe geplaas word wat AfriForum-lede en Afrikaners ten nouste raak.

Benewens dié inligting sal daar ook AfriForum-video’s wees om na te kyk.

Met die toep sal gebruikers ook hul eie stem kan laat hoor en vertel wat in hul gemeenskappe gebeur of watter verskil AfriForum-takke in hul dorpe maak.

Laai die App hier af:

Skakel na Android: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.warpdevelopment.AfriforumApp

 

Skakel na iOS:  https://itunes.apple.com/us/app/afriforum/id1057083877

 

 

Soortgelyke plasings