|

Centurion-buurtwag ontvang opleiding om bloeding te beheer

AfriForum se buurtwaglede in Centurion het op 18 Julie Stop the bleed-opleiding ontvang waartydens hulle drie vinnige tegnieke geleer het om ’n lewe te red voordat iemand uitbloei.

Hierdie opleiding is ’n groot behoefte by AfriForum-buurtwagte omdat buurtwagpatrolleerders daagliks by ongelukke en traumaverwante voorvalle help.

Die buurtwaglede het geleer hoe om hul hande te gebruik om druk op ’n wond toe te pas, hoe om ’n oop wond te behandel om bloeding te beheer en hoe om ’n toerniket korrek te gebruik.

“Die vrywilligers het baie gebaat by die praktiese opleiding en het nou die nodige kennis om ondersteuning aan slagoffers in hul betrokke gemeenskappe te bied. Hierdie is ’n waardevolle toevoeging tot gemeenskapsveiligheid en ons hoop dit kan nog verder uitgebrei word,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

“Ongelukke en misdaad vind deesdae meer gereeld plaas en kennis soos hierdie kan die verskil tussen lewe en dood beteken,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings