| |

Strand-tak en Strand Patrol-buurtwag skenk tonne troeteldierkos

AfriForum se Strand-tak en die Strand Patrol-buurtwag het op 14 Julie ongeveer 1 900 kg troeteldierkos ingesamel en aan die Animal Welfare Society (AWS)en PetPals in die Strand geskenk. Hierdie besluit is geneem aangesien organisasies soos dié se uitdagings nooit stop wanneer dit by die versorging van diere kom nie.

Verskeie skenkings van troeteldierkos en kontantdonasies van die gemeenskap, plaaslike ondernemings, AfriForum se hoofkantoor en die publiek het dit vir die tak moontlik gemaak om dié groot hoeveelheid kos in te samel en aan die organisasies te skenk. Verder is daar ook komberse, lekkernye, speelgoed en vlooipoeier ingesamel en geskenk.

Ná dié skenking oorhandig is, het AfriForum se Strand Patrol-buurtwag, private sekuriteitsmaatskappye, lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), lede van hul verkeersafdeling asook AfriForum-personeel aan die nasionale patrollie deelgeneem om sigbaarheid in die area te verhoog en die gemeenskap te beveilig.

“Ek wil die gemeenskap bedank vir hul betrokkendheid. Dankie ook aan almal wat gehelp het en die skenking kom help oplaai het. Dít wys die krag van samewerking,” sê KC Gericke, buurtwagleier van AfriForum se Strand Patrol-buurtwag.

Raak vandag nog betrokke by die Strand-tak of die Strand Patrol-buurtwag. Kontak vir Jacques Benade by 081 217 0008.

Soortgelyke plasings