|

Clover-aanvalle: Verrigtinge in borgaansoek hervat Donderdag

Die verrigtinge in die borgaansoek van Nkosinathi Mbatha en Mohale Shokane, die twee beskuldigdes wat aangekla word van onder meer die moord op Terence Tegg, die oud-Recce wat tydens die Clover-staking dood is, asook poging tot moord op J.J. Cassanga, een van die wagte wat ernstige beserings tydens die brutale aanval opgedoen het, is vandag tot 31 Maart 2022 uitgestel. Die tweede applikant se regsverteenwoordiger is steeds besig om die staat se getuie, kaptein Robert George Seckle te kruisondervra.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid staan tans, kragtens ’n waaksaamheidsopdrag, vir Michelle Bebbington by wat verloof was aan Tegg, asook vir die Cassanga-familie.

Kaptein Seckle het vandag volgehou met sy weergawe daar ’n sterk saak teen die beskuldigdes is en dat die staat ooggetuies en beeldmateriaal besit wat hulle impliseer. Hy het ook tydens kruisondervraging getuig dat ooggetuies die SAPD na die twee beskuldigdes se wegkruipplek op die dag van die beweerde aanvalle gelei het waarna hulle gearresteer is.

Daar was ook ’n groot groep mense by die hof wat die beskuldigdes ondersteun het waarvan sekere mense T-hemde van die General Industries Workers Union of South Africa gedra het.

Soortgelyke plasings