De Goede Hoop-inwoners bied bystand aan plaasaanvalslagoffers


Inwoners van die De Goede Hoop-koshuis het op 21 Julie 2018 saam met AfriForum bystand verleen aan plaasaanvalslagoffers wat naby Koster, Noordwes woon.
Tydens die aksie het studente ’n draadheining om die plaashuis opgerig. Die vrywilligers het ook ’n sloot gegrawe om die rioolstelsel op die plaas herstel sodat die inwoners nie meer die buitebadkamer hoef te gebruik nie.

“As die jeug wil ons graag ’n verskil in ons gemeenskap maak. Hierdie aksie is ’n bewys dat ons moet saamstaan om kwesbare mense in ons gemeenskap te beskerm,” sê Marno Strauss, HK-lid verantwoordelik vir bemarking en werwing by De Goede Hoop.

Soortgelyke plasings