AfriForum-buurtwagte in Gauteng-Suid neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Gauteng-Suid – Vanderbijlpark, Roodepoort en Randfontein – het op Vrydag 19 Oktober 2018 aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.

Dié drie AfriForum-buurtwagte en 57 patrolleerders het bykans 1 500 km in 45 voertuie afgelê. Slegs een voorval is aangemeld en suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer. Agt-en-twintig ander veiligheidsinstansies, onder meer gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s), sekuriteitsmaatskappye, die SAPD en ander privaat buurtwagte, was ook by die patrollie betrokke.

“AfriForum loods hierdie nasionale patrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter om die veiligheid van ons gemeenskappe te bevorder,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir Gauteng-Suid.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer, eerder as om van die staat afhanklik te wees. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke en word deel van die oplossing,” sluit Ungerer af.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings