|

Die AfriForum-teenboelieveldtogspan #VegEnBou gedurende Nasionale Boelievoorkomingsmaand: Stappe wat ouers kan volg

Dit is belangrik om boeliegedrag in ons skole hok te slaan en AfriForum is daartoe verbind om bewusmaking regoor die land te skep rakende hierdie kwessie deur teenboelie-inisiatiewe op ’n breër skaal te dryf. Veilige skole sorg ook vir veilige gemeenskappe, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Nietemin, gee AfriForum die volgende riglyne aan ouers oor die stappe wat nodig is om te volg om hierdie saak doeltreffend te hanteer:

  • Kontak die skool – As jy dit nog nie gedoen het nie, is dit van uiterste belang om ’n gesprek met die skool (die hoof, dissiplinehoof of onderwyser) oor die boelievoorvalle te hê. Maak seker dat jy rekord hou van alle kommunikasie. Skryf dit neer!
  • Beheerliggaam – As jou bekommernisse nie deur die skool aangespreek word nie, kan jy oorweeg om met die skool se beheerliggaam in verbinding te tree. Hulle kan ’n beduidende rol speel in die hantering van kwessies soos boeliegedrag binne skoolverband.
  • Departement van Basiese Onderwys – As beide die skool en die beheerliggaam nie ’n bevredigende oplossing bied nie, kan jy die saak na die Departement van Basiese Onderwys neem. Hulle het die nodige prosedures in plek om sulke gevalle te hanteer.
  • Regstappe –Indien jy onseker is oor enige iets, of sou die boeliegedrag so erg wees dat jy mediese rekords, foto’s en aangetekende voorvalle as bewyse het, mag dit raadsaam wees om ’n regsadviseur te kontak. Regsadvies kan jou help om jou opsies en moontlike stappe beter te verstaan. Ons kan Daniel Eloff by Hurter Spies Ing. aanbeveel as prokureur wat in hierdie aangeleenthede spesialiseer.

Hier is ’n paar aanvullende hulpbronne vir meer inligting:

Stuur gerus ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za indien jy enige vra het.

Soortgelyke plasings