|

Dink of Sink 2022 en 2023

Die vier streeksuitdunne en nasionale finaal van die hoërskole se Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie is agter die rug! Die junior wenspan is van Helpmekaar-kollege en die seniors van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Die streeksuitdunne het by Hoërskool Merensky in Tzaneen, C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, Hoërskool DF Malan in Bellville en Hoërskool Montana in Pretoria plaasgevind. Uiteindelik het 39 skole daaraan deelgeneem met 71 junior en 73 senior spanne wat elk uit drie lede bestaan het. Ons bedank al die deelnemers, gasheerskole en onderwysers wat van vanjaar se kompetisie so ’n uitnemende sukses gemaak het.

Opnames van die wendebatte is beskikbaar by https://www.dinkofsink.co.za/virtuele-skoledebatkompetisie/wendebatte/.

Kort episodes is ook tydens die streeksuitdunne gemaak en dit is onder die opskrif “Kuns en Kultuur” op AfriForumTV beskikbaar. Onthou, om in te teken op AfriForum TV is gratis!

Ons begin reeds beplan aan die kompetisie van 2023. Die volgende datums is reeds bekend:

  • Suidstreek (Hoërskool DF Malan): 12 Mei 2023
  • Noordstreek (Hoërskool Montana): 27 & 28 Julie 2023
  • Sentraalstreek (C&N Sekondêre Meisieskool Oranje): 24 Augustus 2023
  • Finaal (Pretoria of Centurion): Moontlik 7 Oktober 2023

Ons hoop dat ons meer streke sal kan byvoeg in die nuwe jaar – kontak ons gerus by debat@afriforum.co.za as julle op hoogte van die planne wil bly en wil inskryf.

Soortgelyke plasings